SKATKISBOEKE - TREASURE CHEST BOOKS

(Herinneringe van ou boeke is 'n skat om te geniet - Memories of old books is a treasure to enjoy)

EERSTE LIEFDE REEKS

Soos dit nou maar ook was en nog steeds is, is daar onder Afrikaans sprekendes altyd ’n plek vir aksie en ’n plek vir romanse.  Dit was miskien waarom eerste liefde so ’n sukses was.  Die eg menslike verhale het sekere herinnering opgeroep wat jyself al ondervind het, of jy het iemand geken wat ’n tipiese storieboek liefde beleef het.  En onder ons mense was daar maar altyd die dromers en die wat gehoop het dat die eerste liefde die wonderlikste en standhoudendste was.  Net soos ’n sprokiesverhaal wat altyd ’n gelukkige einde het.

Eerste Liefde se sukses was daaraan toegeskryf dat hulle altyd mooi mense gebruik het.  Die storie lyn was altyd opwindend en boeiend. Daar is verhale van haat en jaloesie, jong mense wat op ’n eiland gestrand raak en van mekaar afhanklik begin raak en dan natuurlik, die liefde wat dan begin blom het.  Die sukses was ook grootliks te danke daaraan dat kru taal selde indien ooit gebruik was.  Van eksplisiete seks was daar nie sprake nie.  Die slim sinspelings het die verhale egter opwindend genoeg gemaak.

Ander verhale was eg menslik, ’n meisie wat haar gesig verloor, maar die liefde wen aan die einde.  Daar is gebroke huwelike waar nuwe geluk weer gevind word.  Daar is ’n jong bokser wat beseer word en ’n nuwe lewe moes begin. Wat van ’n boer soek ’n vrou?  Dit het in daardie tyd ook gewerk.  Daar was jong mense wat hul lewens met motorfiets ongelukke verloor het en die ander helftes weer die stukkies van hulle lewens moes optel.  Dwelms was ook in daardie al ’n probleem.  In boekie nommer 104 sorg smokkelaars vir genoeg aksie.

Geen erkenning word aan enige skrywers gegee nie.  In sommige gevalle word ’n aktrise hier en daar geïdentifiseer, bv. Lilli Randi in boekie nommer 103. Opvallend is dat baie Italiaanse name voorkom onder die wat geïdentifiseer word.  Akteur At Botha in sy jong dae word in nommer 101 gesien. Fotografie en die verhaal lyne was deurgaans goed en van ’n goeie gehalte, (deur Koos Papenfus).

Eerste Liefde - Huiwerende hartEerste Liefde - My waaghals, my liefling
85. Eerste Liefde - Huiwerende hart 91. Eerste Liefde - My waaghals, my liefling

Eerste Liefde - Vrug van haar boosheid Eerste Liefde - Vertrou net, beminde
92. Eerste Liefde - Vrug van haar boosheid 93. Eerste Liefde - Vertrou net, beminde

Eerste Liefde - Lied van die duine Eerste Liefde - Vier mense, drie liefdes
94. Eerste Liefde - Lied van die duine 96. Eerste Liefde - Vier mense, drie liefdes

Eerste Liefde - Die man met die wil Eerste Liefde - Die prik van 'n naald
98. Eerste Liefde - Die man met die wil 100. Eerste Liefde - Die prik van 'n naald

Eerste Liefde - Slavin van gister Eerste Liefde - Lied van die berge
101. Eerste Liefde - Slavin van gister 103. Eerste Liefde - Lied van die berge

Eerste Liefde - Eers die diep waters Eerste Liefde - Terug na Della Rosa
104. Eerste Liefde - Eers die diep waters 106. Eerste Liefde - Terug na Della Rosa

Eerste Liefde - Haar suster se kêrel Eerste Liefde - Vir haar 'n nuwe more
107. Eerste Liefde - Haar suster se kêrel 108. Eerste Liefde - Vir haar 'n nuwe more

Eerste Liefde - Vier harte, hoeveel liefdes Eerste Liefde - Hart van die vegter
109. Eerste Liefde - Vier harte, hoeveel liefdes 110. Eerste Liefde - Hart van die vegter

Eerste Liefde - Gister is vergewe Eerste Liefde - Die laaste testament
112. Eerste Liefde - Gister is vergewe 119. Eerste Liefde - Die laaste testament

Eerste Liefde - Ver vorentoe, 'n lig Eerste Liefde - Die wind sal getuig
129. Eerste Liefde - Ver vorentoe, 'n lig 134. Eerste Liefde - Die wind sal getuig

Copyright © 2019 by Pieter Haasbroek and Koos Papenfus. All rights reserved.
Last updated: 9 November 2019